Wat die hart van vol is (ePub)
Herinneringsreise van 'n fynkok
(Sprache: Afrikaans)
'n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers ... Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op 'n plaas in die Klein-Karoo het Peter 'n fyn...
Leider schon ausverkauft
eBook (ePub)
10.80 €
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Wat die hart van vol is (ePub)“
'n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers ... Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op 'n plaas in die Klein-Karoo het Peter 'n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as "Mister V", eienaar van Emily's, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só 'n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het. Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar "koskys" wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as 'n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer 'n doukomkommer tussen sy tande geknars het ... Nostalgies, humoristies en hartroerend - 'n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.
Autoren-Porträt von Peter Veldsman
Peter Veldsman het die heel eerste Galliova-toekenning as beste kosskrywer ontvang - eers vir Sarie en later Rapport. Ná opleiding in Duitsland en Frankryk vestig hy hom met sy restaurant Emily's, 'n kookklub en 'n kookskool as een van die pioniers van plaaslike fynkos. Elf kookboeke verskyn uit sy pen, en sy bekronings - plaaslik en internasionaal - sluit in talle vir sy restaurantwynlys, 'n eerbewys van die internasionale Chaîne des Rôtisseurs en 'n internasionale Gourmand-prys vir sy boek 'n Mondvol lekker.
Bibliographische Angaben
- Autor: Peter Veldsman
- 2016, 1. Auflage, 280 Seiten, Afrikaans
- Verlag: New Holland Publ.Ltd.
- ISBN-10: 1770229728
- ISBN-13: 9781770229723
- Erscheinungsdatum: 01.09.2016
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 15 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Wat die hart van vol is"
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Wat die hart van vol is".
Kommentar verfassen