Lam ter slagting (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
Wat het 'n geheime organisasie en 'n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen? Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om 'n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant...
Leider schon ausverkauft
eBook (ePub)
13.40 €
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Lam ter slagting (ePub)“
Wat het 'n geheime organisasie en 'n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen? Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om 'n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit 'n reeks is nie. Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens 'n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is 'n belofte van nog 'n moord oor drie en dertig dae. Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk 'n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?
Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en 'n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van 'n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.
Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en 'n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van 'n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.
Autoren-Porträt von Madelein Rust
Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy 'n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.
Bibliographische Angaben
- Autor: Madelein Rust
- 2018, 250 Seiten, Afrikaans
- Verlag: LAPA Publishers
- ISBN-10: 0799390070
- ISBN-13: 9780799390070
- Erscheinungsdatum: 20.07.2018
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 0.89 MB
- Mit Kopierschutz
- Vorlesefunktion
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Family Sharing
eBooks und Audiobooks (Hörbuch-Downloads) mit der Familie teilen und gemeinsam genießen. Mehr Infos hier.
Kommentar zu "Lam ter slagting"
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Lam ter slagting".
Kommentar verfassen